Jan van Riebeeck stigtingsdag aanbieding 6 April 2022
“ Die berggans het sy veer laat val, anderkant die krans by Wupperthal, met hierdie veer wil ek vir jou kom sê hoe ver en wyd my liefde vir jou lê! ” “ Ruik jy katbos en ruik jy kambro, as dit reën in die Klein Karoo, my hantamwind, my optelkind vanaand, by my vanaand ... ” Wat maak dat ons hier vandag by mekaar is, die generasies en dekades uit mekaar, ons wonderlike onderwysers en ons helde wat die gereël het? Net een ding: Afrikaans. Die mooiste taal, Afrikaans! Engels is vir die kop, Afrikaans is vir die hart! Baie dankie dat ek hier kan wees Helena, baie dankie Meneer Rademeyer en jou personeel, die beheerliggaam en die Alumni wat dit alles moontlik maak. My groot dankie vir julle wat alles is, julle wat hier kom leer en ons soveel by jou kan leer! Amper een honderd jaar verby, nog net vier om te gaan en so wonderlik om nou hier op die ses-en-negentigste herdenking te kan wees. Julle vertel vir niemand … ons gryskoppe ...